Preview Mode Links will not work in preview mode

WELKOM BY RADIO SCRIPTURA 

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Op Radio Scriptura gesels ons in die lig van 2 Tim. 3:16,17, oor die plek van die Bybel in ons lewe. Ons wil die Bybel in die middelpunt van elke aspek van ons lewens plaas, want ons glo dat ons die naaste aan die Here leef, wanneer Sy Woord in ons leef.

Stuur asseblief jou vrae oor God, die Bybel, geloof, jou Christen-lewenswandel, Gereformeerde teologie ensovoorts - ons wil dit graag (anoniem) op ons episodes beantwoord! info@scriptura.co.za

 

Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. (2 Tim. 3:16,17)

Nov 7, 2017

Esra 3 wys o.a dankbare aanbidding is nie noodwendig net die teenwoordigheid van emosie nie. Dankbare aanbidding van die Here is gehoorsaamheid, lofprysing en blydskap oor Sy goedheid vandag!