Preview Mode Links will not work in preview mode

WELKOM BY RADIO SCRIPTURA 

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Op Radio Scriptura gesels ons in die lig van 2 Tim. 3:16,17, oor die plek van die Bybel in ons lewe. Ons wil die Bybel in die middelpunt van elke aspek van ons lewens plaas, want ons glo dat ons die naaste aan die Here leef, wanneer Sy Woord in ons leef.

Stuur asseblief jou vrae oor God, die Bybel, geloof, jou Christen-lewenswandel, Gereformeerde teologie ensovoorts - ons wil dit graag (anoniem) op ons episodes beantwoord! info@scriptura.co.za

 

Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. (2 Tim. 3:16,17)

Feb 2, 2018

Ons gesels o.a. met 'n maatskaplike werkster oor 'n luisteraar se vraag oor isolasie en geheimhouding, na 'n traumatiese gebeurtenis - is isolasie goed? Hoekom hou ons geheime na trauma? 


Nov 10, 2017

Gelowiges is soms in moeilike situasies, wat maak dat ons dan soms met God wil onderhandel: "Here, as U...dan sal ek..." Maar wat sĂȘ die Bybel? Mag ons met die Here onderhandel?