Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Op Radio Scriptura gesels ons in die lig van 2 Tim. 3:16,17, oor die plek van die Bybel in ons lewe. Ons wil die Bybel in die middelpunt van elke aspek van ons lewens plaas, want ons glo dat ons die naaste aan die Here leef, wanneer Sy Woord in ons leef.
Stuur asseblief jou vrae oor God, die Bybel, geloof, jou Christen-lewenswandel, Gereformeerde teologie ensovoorts - ons wil dit graag (anoniem) op ons episodes beantwoord! info@scriptura.co.za
Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. (2 Tim. 3:16,17)
Op Radio Scriptura gesels ons oor verskeie aktuele temas in die lig van 2 Tim. 3:16,17. Ons glo dat ons die naaste aan die Here leef, wanneer Sy Woord in ons leef.