Preview Mode Links will not work in preview mode

WELKOM BY RADIO SCRIPTURA 

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Op Radio Scriptura gesels ons in die lig van 2 Tim. 3:16,17, oor die plek van die Bybel in ons lewe. Ons wil die Bybel in die middelpunt van elke aspek van ons lewens plaas, want ons glo dat ons die naaste aan die Here leef, wanneer Sy Woord in ons leef.

Sluit aan by die Scriptura Slack-gemeenskap vir eksklusiewe bonusmateriaal, 'n forum vir saamgesels en 'n kanaal vir vrae vra. Slack is 'n gratis program vir alle toestelle. As jy wil deel wees, stuur 'n e-pos aan info@scriptura.co.za. As jy reeds op Slack is, sluit gerus aan by die "workspace": scripturaforum.slack.com.

 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. (2 Tim. 3:16,17)

May 18, 2018

Hierdie is die tweede deel van ons gesprek oor "deelwees van die plaaslike kerk". In hierdie episode gesels ons oor die meer praktiese aspekte van die plaaslike kerk, soos: by watter kerk moet ek my aansluit? En as ek dan aangesluit het, wat moet ek daar gaan doen?

KONTAK:
Webblad: scriptura.co.za
E-pos:


May 4, 2018

Hierdie is die eerste deel van ons gesprek oor "deelwees van die plaaslike kerk". In hierdie episode gesels ons oor die grondliggende Skrifgegewens oor wat die Kerk is en wat God oor die Kerk openbaar. 

KONTAK:
Vir 'n forum en bonusmateriaal, sluit aan by...