Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Op Radio Scriptura gesels ons in die lig van 2 Tim. 3:16,17, oor die plek van die Bybel in ons lewe. Ons wil die Bybel in die middelpunt van elke aspek van ons lewens plaas, want ons glo dat ons die naaste aan die Here leef, wanneer Sy Woord in ons leef.
Stuur asseblief jou vrae oor God, die Bybel, geloof, jou Christen-lewenswandel, Gereformeerde teologie ensovoorts - ons wil dit graag (anoniem) op ons episodes beantwoord! info@scriptura.co.za
Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. (2 Tim. 3:16,17)
Op hierdie episode lys ek sewe Bybelse kenmerke van iemand wat
vir die Here lief is.
Iemand het die Here lief, wanneer hy begeer om in die weg van
die uitverkorenes te wandel. So 'n persoon vertoon op die ou
end gewoonlik hierdie 7 kenmerke:
1. Hy het Christus lief en glo dat Jesus waarlik God is
en mens...
Op Radio Scriptura gesels ons oor verskeie aktuele temas in die lig van 2 Tim. 3:16,17. Ons glo dat ons die naaste aan die Here leef, wanneer Sy Woord in ons leef.