Preview Mode Links will not work in preview mode

WELKOM BY RADIO SCRIPTURA 

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Op Radio Scriptura gesels ons in die lig van 2 Tim. 3:16,17, oor die plek van die Bybel in ons lewe. Ons wil die Bybel in die middelpunt van elke aspek van ons lewens plaas, want ons glo dat ons die naaste aan die Here leef, wanneer Sy Woord in ons leef.

Sluit aan by die Scriptura Slack-gemeenskap vir eksklusiewe bonusmateriaal, 'n forum vir saamgesels en 'n kanaal vir vrae vra. Slack is 'n gratis program vir alle toestelle. As jy wil deel wees, stuur 'n e-pos aan info@scriptura.co.za. As jy reeds op Slack is, sluit gerus aan by die "workspace": scripturaforum.slack.com.

 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. (2 Tim. 3:16,17)

Mar 23, 2018

'n Vraag wat soms te min aandag verdien is: "wie is my naaste nou eintlik?" Ek moet immers, as Christen my naaste liefhê! In hierdie episode kyk ons na Lukas 10 vir drie belangrike rigtingwysers om hierdie vraag te beantwoord:

(1) Luk. 10:29| Maar hy wou homself regverdig
(2) Luk. 10:36| Wie dan van hierdie drie, dink...


Mar 9, 2018

(1) Kenmerke van die Messiaanse Jode (Hebrew Roots) - hoe ken ek iemand uit wat deur die beweging beïnvloed is?
(2) Wat is die ideologie - wat glo hulle? Wat is die kern waaroor HR gaan?
(3) Die Bybel en die HR beweging
(4) Hoe benader ons iemand in die HR beweging? Hoe reageer ons en hoe help ons hulle?

KONTAK:
Sluit...