Preview Mode Links will not work in preview mode

WELKOM BY RADIO SCRIPTURA 

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Op Radio Scriptura gesels ons in die lig van 2 Tim. 3:16,17, oor die plek van die Bybel in ons lewe. Ons wil die Bybel in die middelpunt van elke aspek van ons lewens plaas, want ons glo dat ons die naaste aan die Here leef, wanneer Sy Woord in ons leef.

Stuur asseblief jou vrae oor God, die Bybel, geloof, jou Christen-lewenswandel, Gereformeerde teologie ensovoorts - ons wil dit graag (anoniem) op ons episodes beantwoord! info@scriptura.co.za

 

Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. (2 Tim. 3:16,17)

Feb 16, 2018

Al ooit gehoor hoe iemand sê: "spreek net die goeie oor jou uit!" ? Al gehoor van iemand wat sê ons moet nie "dood" spreek nie, maar "lewe"? Ons dink en gesels saam hieroor, rondom die Skrif.


Feb 9, 2018

Ons wil die Bybel in die middelpunt van elke aspek van ons lewens plaas, want ons glo dat ons die naaste aan die Here leef, wanneer Sy Woord in ons leef.


Feb 2, 2018

Ons gesels o.a. met 'n maatskaplike werkster oor 'n luisteraar se vraag oor isolasie en geheimhouding, na 'n traumatiese gebeurtenis - is isolasie goed? Hoekom hou ons geheime na trauma?